In
die middel van die nag word ek wakker. Sy lê
langs my onder die karos en haal saggies asem. Ek skuif nader aan
haar lyf en maak lepellê
nes teen haar. My handpalm vind haar rondings en pas
tevrede daarim. Vir 'n oomblik. My vingerpunt trek dan 'n streep al
langs haar rugstring af. Dit trek pyl van tussen haar blaaie tot by
die nou kloof van haar uitstaanboudjies. Die sand knars onder ons
soos ek nader beweeg.
Die Boesman staan op sy rooi Kalahariesand. Hy
haal 'n pyl uit sy koker en toets die sening wanneer hy dit span.
Die son sit laag. Dis die tyd wanneer die groot vuur moeër
skyn en die woestynjagters weer kan lewe. Die kortman is honger. Hy
sien die steenbokspoor wat al op die rif van die duin langs loop.
Kosbare vog van lus versamel onder sy droë
tong. Die feesmaal is in sy kop, maar die steenbok loop nog los. Die
son en stof trek reeds 'n dofrooi streep al op die reguit horison.
Met die boog nou oor sy skouer loop hy die
voetspore van sy prooi. Hy word
die steenbokooi. Saam met haar spot hy die dorings van die woestyn.
Hy proe en lek versigtig en laat sy hafnat tong tussen die dorings
deurvleg om behendig die klein blaartjies af te stroop. Die klein
plesiertjies van die veld krummel een-een in sy mond. Sensueel rol hy
dit rond. 'n Soet sjokoladevrug se blink papier wat versigtig
heilig uitgetrek word. Saam proe hulle die soet veldheuning op die
punt van sy tong.
Die jagter voel haar hartklop. Die lewensritme
stuur morsekode uit vanuit haar skuiling in die droë
rivierloop. Instink word 'n roofdier gefokus op 'n dieper honger. 'n
Honger gevoed deur geslagte se reȅls
van leef en laat miskien leef. Hy word 'n kat wat tree vir tree met
sagte vingerkussings sluip op naakte warm sand. Skynbaar doelloos
warrel die wind hom al al hoe nader. Die magneet van haar vleis wat
hom soos 'n aasvoȅl
in 'n vernouende wentelbaan laat
sirkel.
Met
vry-oop ovale speelspot my vingers oor haar kaal rug. Haar bene. Haar
lyf. Kielie soos 'n meerkat wat ligvoets en penorent regmaak vir die
finale spring. Die sirkels word nouer. Sy lê
nou op haar rug met haar duine wat soos golwe styg en daal, kus toe
en terug. Die saggebreide haasvel wat soos satyn na boontoe skuif en
styfspan. Ek skuif dit oor die sagte duine en tree die hellings op.
'n Diepsug tussen duim en wysvinger. Ek maak my belt dan los.
Kloppend honger al soekend na die natuur se soetste vleis. 'n Potjie
met tsammas en gemsbokfillet, kaiings en vetsous. Taaierig om my
lippe wat ek smagtend aflek. 'n Happie en 'n proe. Soos 'n
suikerbekkie wat sy lang snawel sagkens in die alwynkelk insteek en
die soet nektar toets. Ek steek my snawel diep in my alwynmens in. Sy
klim dieper in my in. En weer uit. En proe oor en oor die lewe se
soetsap. Ons dans om die warm vuur en word van voor af beste maats.
Vriende wat alles deel – geheime plekke, fantasië, ons donker
gangetjies. Ons diepste menswees. Ons toekoms saam.
Die jagter is op sy hurke en word een met die ooi. Hy span sy boog
tot diskant breekpunt. Hy maak sy krom vingers reguit. Die pyl voel
verlig die vryheid van die natuurwette en klief na die klimaks van sy
bestaan. Hy skiet deur die lug tot sielsdiep in haar lewensaar.
Wanneer sy ooiprooi inmekaarsak met glasige oë, verlaat 'n saad van
sy lewe ook vir hom. Plat met sy gesig op sy rooi Kalahariesand lê
hy soos 'n dooie. Hy dank haar gees wat sy so onselfsugtig deel. Iets
spesiaal in sy veld is dood.
Nege
maande later, in die Winter van 2012, is Nǃxau
gebore. Uit die bloedrooi sand het hy opgestaan.
En die wȇreld
sou kennis maak met 'n versamelvoȅl
wat altyd plek het vir nog 'n vreemde in die nasie.
'n Reus wat die leuse van ons land kon uitspreek in klikke, klakke en
dade. !ke e:/xarra //ke. Eendrag maak mag. 'n
Nuwe toekoms wat begin het met 'n kriewel in die stof en 'n saadjie
wat vol hoop in droȅ
rooisand geplant is.